News

Kleuter en vier ander sterf in ongelukke

'n Vierjarige kleuter en vier ander mense is dood in verskillende ongelukke laasnag op die N4 en rondom Middelburg.

Na wat verneem word was die kleuter van sowat vier jaar oud, een van die nege insittendes in ‘n Toyota bakkie wat in die rigting van Nelspruit gery het.

Daar is aanvanklik gedink dat ‘n voertuig gegly het vanaf die oorkantste baan en die bakkie getref het, maar die voertuig was in dieselfde rigting onderweg en het gegly en die bakkie getref.

 

Die kleuter is op die toneel dood verklaar en is ten minste sewe ander pasiënte ook met Watco en Hi Tech Ambulansdienste hospitaal toe vervoer.

Twee volwassenes het dieselfde nag aan hul beserings beswyk in die Middelburg Hosptaal.

  • In dieselfde tyd wat nooddienste op hierdie toneel was, is daar net ‘n entjie verder, regoor die Middelburgdam, ‘n voetganger doodgery.
  • ‘n Klein rukkie later is nog ‘n voetganger doodgery op die Vandyksdrifpad. Die trok wat hom doodgery het, het nie gestop nie.
  • Daar was laasnag ook twee ongelukke in die dorp.
  • ‘n Citroen het kort na middernag in Cowen Ntulistraat naby die ingang van die Amora Dierepark gerol. Die jong man wat bestuur het, het weens skok weg gehardloop, maar is kort daarna gevind. Hy het ernstige beserings opgedoen.
  • Vanoggend omstreeks 01:30 was daar ‘n ongeluk op die hoek van Samora Machel- en Kogelstraat waar ‘n VW Polo en ‘n Hilux bakkie mekaar getref het. Buiten snye en skok, het niemand ernstige beserings opgedoen nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button