News

Straatrower gryp beursie en selfoon

Straatrowers wat deur die jare al honderde kardeure oopgepluk en mense op straat beroof het, is so kort voor Kersfees, erg bedrywig.

Ruan Marx (18) se passasiersdeur is só vinnig oopgeruk, dat hy nooit gesien het hoe die rower lyk nie.

“Daar was niks geld in die beursie nie en sy selfoon is geblok. So hulle kan niks daarmee doen, buiten dat hulle vir ons ongerief veroorsaak het om nou weer sy lisensie en identiteitsdokumente oor te laat doen!” het sy ma, Rika, vanoggend omgekrap gesê.

Ruan het omstreeks 14:30 by die verkeerslig op die hoek van Walter Sisulu- en SADCstraat by ’n rooi verkeerslig gestop.

Die volgende oomblik het hy in sy truspieëltjie gesien daar staan iemand agter in die middel van die Ford Ranger se kappie.

Dieselfde tyd het daar skielik ’n man by die bestuurderskant se venster gestaan en hy het probeer om die deure te sluit, sodat die man nie sy deur kan ooppluk nie.

Voor hy die sluitknoppie kon druk, het die passasiersdeur oopgevlieg en het ’n persoon binne sekondes sy beursie met kaarte in, asook selfoon gegryp. Die beursie en selfoon was tussen die twee sitplekke en hy kon nie glo dat die booswig só vinnig dit kon sien en dit kon gryp nie.

Teen dié tyd het was die lig reeds groen en moes hy gou die deur behoorlik toemaak dat hy verder kon ry.

As enige persoon dalk Ruan se ID of lisensie optel, bel me. Marx by 076 544 9526.

•Met hul aankoms by die polisiestasie, het daar ’n man met twee jong kinders ook in die ry gewag om ’n roofklagte oop te maak.

Hy het vir me. Marx vertel dat die rowers nie eers omgegee het dat sy kinders, wat me. Marx tussen ses en agt jaar geskat het, by hom was nie.
Die man, wat in die Middedorp geloop het, is ook van sy beursie en kaarte beroof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button