News

Hart eis onverskrokke haker

Vivian Schmidt (52) was bekend as een van die Suidoos-Transvaal en Puma rugbyspanne se “meanies”.

Hy het kliphard gespeel en was dikwels aan die voorpunt van verskeie gevegte op die rugbyveld, veral wanneer Middelburg en Ferrometals mekaar gepak het.
Hy het vir jare haker gespeel vir Ferrometals.

Van die veld af was Vivian die goedheid self en ’n joviale vriend.

Hy was ’n gereelde bydraer op die oudspelers se WhatsAppgroep.

Nou is sy lewe ook soos sovele Suidoos-Transvaal en Puma rugbyspelers die afgelope paar jaar kortgeknip, na ’n hartaanval verlede Dinsdag om 18:00.

Vivian Schmidt sak op haker vir die Puma rugbyspan.

Vivian het vanaf 1991 tot 1998 eers vir Suidoos en later toe rugby professioneel geword het, vir die Pumas in totaal 27 wedstryde gespeel en vier drieë gedruk.

Alhoewel hy onverskrokke was op die rugbyveld, was hy doodbang vir vlieg en dit het mooipraat gekos om hom tydens rugbytoere op die vliegtuig te kry.

Hy laat sy vrou en twee kinders, ’n seun en dogter, agter.

Die begrafnisdiens is Vrydag uit die NG Suidgemeente, om 11:00, op Lydenburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button