News

Tref-en-trap eis die lewe van fietsryer

Die fietsrygemeenskap is geskok na ’n tref-en-trap ongeluk waarin een van hulle lede dood is.

Jan Vermaak (42) is Vrydag tydens ’n oefensessie op die R104 Balmoralpad vermoedelik deur ’n motor getref.

’n Plaaslike fietsryer, wat versoek het om anoniem te bly, sê dat Vermaak se gesin ’n beroep op almal gedoen het om hulle privaatheid te respekteer.

Verskeie foto’s van die ongeluk is op sosiale media gedeel, wat Vermaak se vrou geweldig getraumatiseer het.

“Baie lede van ons gemeenskap het deur die foto’s van sy dood bewus geword en toe versoek dat dit verwyder word!”

• Mnr. Vermaak, wat bekend was onder eMalahleni se fietsryers het na Bronkhorstspruit verhuis met sy gesin, voor die ongeluk plaasgevind het.
Hy word oorleef deur sy vrou en twee jong kinders.

Daar sal Saterdag om 11:00 vanuit die NG Witbank, Suidgemeente, vir hom gedenkdiens gehou word.

Mnr. Vermaak se naasbestaandes kon nie bereik word nie.

•Lede van die Middelburg Fietsryklub het hulle dankbaarheid na die ongeluk uitgespreek oor die kennisgewingborde wat op hoofroetes in die omgewing opgesit is en motoriste versoek om versigtig te bestuur en fietsryers in die oopbaan te respekteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button