News

Trok tref bakkie reg voor skool

’n Trok het ’n kort tydjie gelede in ’n bakkie vasgery, reg voor Laerskool Uitkyk op die Stoffbergpad.

Volgens ooggetuies het die trok suur vervoer en is een persoon dood in die ongeluk.

Die bakkie het na wat verneem word vir ’n slaggat gestop en is toe deur die trok getref.

Die Stoffbergpad is besig om in ’n slagveld te verander weens sy slegte toestand en ’n vervoermaatskappy het al self ingespring om die skouergedeelte te verbeter.

Talle slaggate maak die pad uiters gevaarlik.

Nooddiens voertuie het so pas in groot getalle verby die Middelburg Observer kantore in Meyerstraat gejaag op pad na die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tobie van den Berg

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button