Kyk: As jy dié silwer Vivo bussie sien, hou hom dop
Die silwer Vivo bussie wat na bewering betrokke was by die diefstal van ’n kragopwekker by Fountain Corner verlede week, is glo “dieselfde bussie” wat ook by Pioneer Drill & Blast in Millistraat, probeer het om ’n spaarband van ’n Ford Raptor bakkie af te steel.
In die Fountain Corner voorval, het die bussie ’n Mpumalanga nommerplaat op gehad, terwyl die een wat by Pioneer toegeslaan het, ’n Gautengse nommerplaat op het.
Op die videos is wieldoppe en ander kenmerke van die bussies ooreenstemmend.
Die vermoede is dat die insittendes vals nommerplate ruil, tussen voorvalle.
Go Fish eienaar, mnr. Petru Venter, sê die verlies van die kragopwekker “is ’n reuse terugslag”.
Die R10 000 opwekker, wat langs die winkel gestaan het, is binne sekondes gesteel.
Op CCTV-materiaal kan gesien word hoe die bussie die omheinde sentrum inry, en enkele minute later weer wegry.
Lees ook:
Op ’n tweede video lyk dit of ’n passasier by die bussie uitklim, en iets in die bussie laai.
’n Bakkie in die Fountain Corner parkeerarea wat voor die bussie geparkeer is, belemmer egter sigbaarheid, en daar kan nie met duidelikheid gesien word wat ingelaai word voor die bussie wegtrek nie.
By Pioneer het werknemers van die besigheid die bussie se insittendes gekonfronteer.
Op beeldmateriaal kan gesien word hoe een van die bussie se insittendes ’n paar keer onder die bakkie, waar die spaarwiel vas is, in verdwyn en weer opkom. Die proses word ’n paar keer herhaal.
Tydens die konfrontasie het Pioneer se werknemers gesien dat die spaarwiel reeds los is, en op die grond hang.
Een van die bussie se insittendes kan gesien word hoe hy rondstaan met ’n pakkie in die hande.
Toe hulle gekonfronteer word, was die verskoning dat hulle koerierdienste is.
Die bussie het toe gery en die spaarwiel is agter gelaat.
Die beeldmateriaal is intussen aan die polisie oorhandig maar geen arrestasies is nog gemaak nie.
@middelburgobserver Vivo bus weer bedrywig voor werknemers verdagtes konfronteer
