News

Baba in emmer langs pad gekry

Babalykie in koue gekry

Die weggooi van babas raak ’n al hoe groter probleem in die omgewing.

Vanoggend is ’n baba in ’n emmer langs die R555 (net na die treinbrug) gevind. Die baba was reeds dood.

• Gedurende April is die lewelose liggaampie van ’n kleuter seuntjie in ’n oop stuk veld in Celsiusstraat gevind. Hy was toegedraai in ‘n swart plastieksak, met slegs ’n bruin broek en ’n pienk T-hemp.

In Meimand is ’n babaseuntjie agter die Sasol vulstasie naby Doornkop gevind. Die kind was ook reeds dood.

• Desperate ma’s wat nie hul babas wil hou nie, word versoek om hulle in die babakluis by die St John’s Presbiteriaanse Kerk in Bhimy Damanestraat af te laai. Die identiteit van die persoon wat die baba aflaai, word sodoende anoniem gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button