News

Gebedsbyeenkoms vir Willem Kruger

Daar word Vrydag ’n spesiale gebedsbyeenkoms in Pretoria vir Willem Kruger gehou.

Nie eers ’n ondersoek deur die bekende advokaat Gerrie Nel en sy span van die Afriforum Privaatvervolgingseenheid en hul bevindings daarna het enige verskil gemaak aan mense se “soeke na die waarheid nie.”

Die privaatvervolgingseenheid het in hul ondersoek na die omstandighede van Willem se dood bevind dat hulle met die bewyse tot hul beskikking geen gemene spel kon vind nie.
Hulle het op 12 April met die Kruger-familie in Pretoria vergader om hul bevindings bekend te maak.

Hierdie week is daar op sosiale media geadverteer dat ’n gebedsbyeenkoms vir Willem gehou gaan word.

Op die “Geregtigheid vir Willem”-Facebookgroep sê die uitnodiging:

“Bid vir Willem Kruger-saak.

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na die gebedsbyeenkoms van Willem Kruger op 16 Junie.
Die geleentheid sal gebruik word om te bid vir antwoorde, waarheid, geregtigheid en berusting.

Indien jy nie in persoon die geleentheid kan bywoon nie, moedig ek jou aan om steeds saam te bid en deel te neem aan die byeenkoms.

Boekmerk die datum:

Bid vir Willem Kruger – saak

Datum 16 Junie 2023

Tyd: 18:00 vir 18:30

Plek: Boer Kombuis, Kimiad, Moreleta Park, Pretoria, 044.”

• Die Back2Basics musiekgroep se Facebookblad het mense ook gevra om die gebedsbyeenkoms by te woon met verskeie foto’s van Willem met besondere gebede daarby.
Die uitnodiging en plek waar dit gehou word, is ook met foto’s aangedui.

• Marinda van der Walt skryf op haar Facebookblad: “’n Ramparty wat so skeef geloop het en baie vrae en hartseer nagelaat het. Mag die antwoorde spoedig kom, sodat nie net Willem se geliefdes nie, maar ook sy vriende en hulle families berusting kan vind. #willemkruger”

• Willem het op 13 November 2022 verdwyn, nadat hy ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge naby Morgenzon, bygewoon het. Nege dae later (22 November) is sy liggaam in sy bakkie in die Vaalrivier gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button