News
Gedenkdiens vir Henk volgende Donderdag
Die gedenkdiens vir Henk Pienaar, wat Dinsdag in die vroeë oggendure oorlede is, word volgende Donderdag om 12:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente gehou.
Sy seun, Hardus, sê sy pa se broer, ds. Anton Pienaar, sal waarskynlik self die diens lei.
• Hulle beplan om die diens aanlyn beskikbaar te stel. Die skakel sal gepubliseer word sodra dit gereed is.• Henk was vir 31 jaar ’n paramedikus by die Provinsiale Ambulansdienste en sy dood was ’n groot skok vir almal wat hom geken het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
