News
Hoe het dié vis in Loskop beland?
Mense wat Wayne Naudé ken wéét hy vang die gróót swartbaars en was verstom toe daar ’n foto van hom met ’n klein swartbaars in sy hand op sy profielfoto verskyn.
Hy is dan die Suid-Afrikaanse swartbaar rekordhouer van 7.192kg (in Loskop gevang) en sit gereeld groot visse op sy profiel.
Naudé sê mense moet beter kyk na die foto.
“Dit is ’n kleinbek swartbaars. Dit is ’n skaars vis, wat nie veronderstel is om hier voor te kom nie, omdat die water so warm raak by Loskop.”
Wayne is nie seker hoe die vis in Loskopdam beland het nie.
Hy vermoed dit het dalk in die Klein Olifantsrivier vanaf die Middelburgdam gekom. Maar ook nou weer, dié vis het meer as 20 jaar laas in die Middelburgdam voorgekom!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
