News
Oor kop gemoker by sentrum
Kort nadat ’n man met ’n bottel oor die kop geslaan is by die Toskana Sentrum in Jeppestraat (Mineralia), is ’n verdagte gearresteer.
Op CCTV videomateriaal kan ’n mens sien hoe ’n man direk loop na ’n ander man en hom met ’n bottel oor die kop slaan.
Die voorval het Saterdag aan die kant van die sentrum se stoep plaasgevind.
Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het die polisie gehelp met hul ondersoek en die verdagte is kort daarna gearresteer.
• Die man behoort voor die einde van die dag in die hof te verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
