News
Nuutste: Vier reeds dood in N12 kettingbotsing
Die N12 tussen eMalahleni en Ogies is steeds gesluit.

Die kettingbotsing waarin talle trokke en ander voertuie op die N12 betrokke was, het reeds vier lewens geëis.
Die Departement van Veiligheid het pas in ’n persverklaring bevestig dat daar vier mense dood is in die ongeluk op die N12 tussen eMalahleni en Ogies.
Daar is gemeld dat digte mis sig belemmer en die ongeluk veroorsaak het.
• Middelburger Herculaas Taljaard het vanoggend gesê dat hyself ook amper met sy werksbakkie, waarin plofstof gelaai is, in die toneel vasgery het weens die digte mis.
Die polisie het hom gelukkig later veilig uit die toneel begelei.
Lees ook:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.