News

Video: Vasgekeerdes skreeu uit wrakke, dalk meer dood op N12

Vermy N12, pad steeds gesluit met kettingbotsing!

’n Middelburger, wat plofstof in sy voertuig het, het bykans in die kettingbotsing vasgery op die N12.

Herculaas Taljaard het vir lank op die middelman op die N12 gestaan en van die chaos om hom vertel.

“Ek het die mense hoor skree! Dit is verskriklik! Ek het self byna in die ongeluk vasgery!”

Hy het geen idee hoeveel voertuie betrokke is in die ongelukke nie.

“Daar is weerskante, eMalahleni se rigting en Johannesburg se rigting ongelukke weens die mis. As ek so kyk, praat ek van ten minste 20 trokke en seker 50 karre! Al vier bane is gesluit.”

Herculaas sê hy was omtrent ’n uur op die toneel waar daar vele voertuie in die ongeluk was.

“Die polisie het my begelei uit die toneel uit, want hulle het gesê ek staan op ’n onveilige plek en met die plofstof in die bakkie, kan ek nie daar staan nie.”

Hy sê dit is “baie lelike ongelukke. Die een trok is opgelig en daar is ’n persoon dood in die een voertuig wat onder hom was. Maar daar is beslis meer mense dood, want verskeie voertuie het in trokke vasgery weens die mis.”

• Hy noem dat die ongelukke naby die wegdraai na Ogies is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/07/13/stay-on-the-n4-take-balmoral-off-ramp-one-killed-n12-closed-following-collisions-in-dense-mist/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button