News

Oud Puma rugbyspeler se moordsaak duur voort

Die moordsaak van ’n oud Puma rugbyspeler, Dawie Nel, wat teregstaan vir die beweerde wurgdood van ’n Taiwanese gesellin by sy Meyerspark huis in Pretoria in 2020, is uitgestel na volgende week, nadat uitspraak in sy borgverhoor voorbehou is tot 4 Augustus.

Nuwe inligting het volgens die staat aan die lig gekom wat Nel se borg moontlik in die wiele kan ry.
Wat die sensitiewe inligting is, wou die aanklaer in die opspraakwekkende moordsaak nie sê nie.

Nel word daarvan verdink dat hy sy transseksuele vriendin tydens ’n nag van erge dwelmmisbruik met ’n instrument verwurg het.

Die Taiwanees se liggaam is deur ’n huisvriend van Nel langs hom in die bed gekry.
Nel was egter bewusteloos en daar is gesukkel om hom by te bring

Hy kon niks van die aand se gebeure onthou nie en sy familie sê sy geheue is steeds vaag.

Die huisvriend van Nel is soos hy ook ’n voormalige rugbyspeler.

Tydens ’n hartroerende onderhoud met Nel se broer, Tobie, het hy gesê die familie was onbewus van die erns van sy dwelmverslawing en dat Nel, wat op ’n stadium deur sy ouers ingeneem is, gesê het dat hy net dagga gebruik.

Lees ook:

Dwelmsmouse sal nie ophou voor tronkdeure toeklap of kisdeksel toesak

Hy kon sy ouers daarvan oortuig om hom te laat terug gaan Pretoria toe waar hy ’n swembadbesigheid bedryf het.

Die familie het die oorledene wel ontmoet en sê dat hulle kon sien dat die vrou “manlike kenmerke getoon het, byvoorbeeld ’n groter, meer gespierde liggaamsbou.”
Hulle vermoed dat die verhouding floreer het omdat die Taiwanees, Nel met die hoogverslawende dwelmmiddel Tik voorsien het.

Die familie sê dat die oorledene ook glo onkleedanse gedoen het voor die ontmoeting met Nel.

Nel is aanvanklik na sy arrestasie vir moord verwys vir sielkundige waarneming.
Hy is al bykans drie jaar agter tralies in aanhouding.

Die familie sê dat daar nie geld is vir ’n private regsverteenwoordiger nie en dat Nel tans steun op staatsregshulp.

Sy verhoor sal in September afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button