Karate instrukteur sterf aan hart kort nadat hy klas gee
Eric Cason, die stigter van die Phoenix Seiwa-Kai Karate Do, is gisteraand, net ’n maand na sy 50ste verjaardag, oorlede.
Sy afsterwe volg net drie maande nadat sy broer, Louan (54) op 25 Junie weens vog op die longe gesterf het.
Hul ma, Toy, het vanoggend hartseer gesê dat Eric gisteraand nog klas gegee het by die karateklub, waarna hy na haar huis toe gegaan het in Broodboomstraat (Kanonkop).
“Hy het gesê sy nek en skouer is seer en ek het hom nog geklop op sy rug, met die gedagte dat hy dalk net ’n wind het wat vassteek.”
Eric het slegter gevoel en vir sy ma gesê hy “hoop nie dit is ’n hartaanval nie.”
Kort daarna het hy naar gevoel en het inmekaar gesak.
Me. Cason het haar ander seun, Ian, gebel, wat noodbehandeling probeer toepas het, maar Eric het op die toneel gesterf.
• Eric het op 10 Augustus sy 50ste verjaardag gevier.
Lees ook:
