News

Trokdrywer in hospitaal opgespoor

Die trokdrywer wat gesoek is na ’n ongeluk vanoggend op die N4, naby die Olifantsrivierbrug, is in ’n hospitaal opgespoor.

Die trok het die pad verlaat en omgeslaan langs die N4.

Soek- en reddingspanne is na die toneel ontbied, omdat die trokdrywer nie meer daar was toe insleepdienste en ander nooddienste by die toneel opgedaag het nie.

Daar is later verneem dat hy opgepik en na ’n hospitaal afgevoer is.

• Dit is op hierdie stadium onduidelik of hy met ’n gewone voertuig of met ’n ambulans hospitaal toe geneem is. Die aard van sy beserings is ook nie bekend nie.

Lees ook:

Reddingspanne gaan soek na bestuurder van vragmotor

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button