News

Papapavlou moordbeskuldigdes weer vlugtig voor

Die vyf beskuldigdes in die Papapavlou-moordsaak het weer vlugtig in die Polokwane Hooggeregshof verskyn.

Patricia Ray-Lee Smith, Simoné Papapavlou, Paulinah Mafatle Tseka en haar seun, Calvin Tseka en Phillip Manchidi het weer verskyn na die moord op Raymond Papapavlou.

Raymond, Simoné se man, is op 4 Oktobker 2020 op die plaas Rooikraal, tussen Groblersdal en Stoffberg, in sy bed doodgeskiet.

Die groep het in Augustus vir die eerste keer almal saam in die hooggeregshof op die moordklagte verskyn en die saak is uitgestel sodat drie van die beskuldigdes, die Tseka’s en Manchidi met ’n regshulpadvokaat kon konsulteer.

• Die saak is weer uitgestel na ’n latere datum vir regsverteenwoordiging vir Manchidi (beskuldigde vyf).

Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/08/02/beskuldigdes-in-papapavlou-moordsaak-almal-saam-in-hooggeregshof/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button