News
Bejaarde man dood in aanval
Die bejaarde man wat by sy huis in McDonaldstraat in Belfast aangeval is, is oorlede, is so pas verneem.
Die egpaar se kleinseun het vanoggend op sy grootouers afgekom en kort daarna ’n noodroep uitgestuur waarin hy gevra het dat die polisie en ambulansdienste gestuur moet word.
Die bejaarde vrou is ook ernstig beseer en is reeds hospitaal toe afgevoer.
• Die aanvallers het die hele huis omgekeer vir waardevolle artikels en ook met die egpaar se voertuig gevlug, maar die voertuig is reeds in die Belfast omgewing gevind.
Die moordenaars is steeds op vrye voet.
Lees meer hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
