News

Video wys ongeluk waar rooi bakkie seun op fiets stamp

Familie benodig enige inligting of nog videomateriaal.

CCTV-videomateriaal wys duidelik hoe ’n rooi bakkie vir Willem Esterhuizen van sy fiets af ry.

Videomateriaal wat nader getrek is, wys presies wat op die toneel gebeur het.

Die aanvanklike materiaal was baie ver en onduidelik, maar is intussen verbeter.

Willem, wat verstandelik gestremd is, is gistermiddag omstreeks 17:20 op die hoek van Verdoorn- en Vosstraat van sy fiets af gery.

Daar is aanvanklik gedink dat die rooi bakkie wat hom omgery het, net gestop en weg gery het.

Willem het egter vir sy ma verduidelik dat ’n vrou hom raakgery het en dat hulle wel gestop het.

’n Jonger persoon, waarskynlik haar seun (wat lyk of hy skoolklere aanhet), het uitgeklim, en die buffer, wat afgeval het tydens die ongeluk, opgetel en agter op die bakkie gegooi.

Die passasier van die rooi bakkie het ook die fiets waarmee Willem gery het, opgetel en vir hom gegee.

Die bestuurder en haar passasier het daarna weggery, sonder om Willem se besonderhede te vat of verdere hulp aan te bied.

Op die videomateriaal kan ’n mens sien dat Willem self opstaan, maar net ’n tree of drie gee en dan op die sypaadjie inmekaar sak.

• Willem se ma, Patricia Smit, vra enige persoon wat in die omgewing ook CCTV kameras het wat dalk die bakkie se registrasienommer kan wys (die bakkie het in Eastdene se rigting gedraai) om haar te bel by 073 896 6957.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/10/26/gestremde-seun-van-fiets-af-gery-bakkie-jaag-weg/

@middelburgobserver

A red bakkie crahsed into cyclist on the cornenr of Verdoorn and Vos Street yesterday afternoon #cyclist #bakkie #accident #middelburg #southafrica

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button