News

Skote klap alweer

Inwoners van Mineralia het Saterdag kort voor middernag skote gehoor geklap en hulle is oortuig dat dit nié ’n voertuig was wat die geluid gemaak het nie.

In die laaste paar maande is daar talle kere gehoor hoe ‘skote’ regdeur die dorp klap en is daar gesê dat die sondebok ’n silwer BMW is met toegeruste toerusting wat die geluide maak.

Op noodgroepe het inwoners van Bloekomsig en Mineralia Saterdagaand gesê dat hul skote hoor klap het.
Tony Peyper sê hy het vroeër jare self geskiet en ken die verskil tussen ’n handwapen en ’n geweer.

“Dit was beslis ’n 9mm pistool en verskeie skote is direk na mekaar afgetrek.”

Hy bly langs die begraafplaas en noem dat die skote vanaf Samora Machelstraat se kant af gekom het.

’n Bejaarde vrou (wat verkies om anoniem te bly) sê sy het ook die skote gehoor vanaf Luttigstraat se kant af, maar dit het vir haar ver geklink.

“Ek het geen idee van watter rigting dit af gekom het nie. Ek het dit vanaf my badkamervenster gehoor, maar my kind wat in die huis self was, het dit nie gehoor nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button