Begrafnisdiens Maandag vir prokureur
’n Begrafnisdiens vir die bekende prokureur, Danie Koekemoer (52), wat gisteroggend oorlede is, word Maandag om 11:00 uit die Corpus Christi Kerk in Aerorand gehou.
Mnr. Koekemoer is vyf maande gelede in die Wilgers Hospitaal opgeneem vir verskeie mediese uitdagings, insluitend hartprobleme.
Hy het sy eie praktyk, Danie Koekemoer Prokureurs, gehad nadat hy vir jare saam met Leon van den Berg by Van den Berg en Koekemoer Prokureurs ’n vennoot was. Hy is ’n voormalige voorsitter van die plaaslike prokureursorde en ’n entoesiastiese sportman wat uitgeblink het in tennis en motorfietswedrenne.
Hy was sedert die begin van Julie vanjaar in die hospitaal met verskeie mediese uitdagings waaronder hartprobleme.
Sy toestand het somtyds verbeter maar dan het hy weer ’n paar dae later ’n terugslag gehad.
Hy is net na ses uur in die Wilgers oorlede.
Lees hier:
Prokureur Danie Koekemoer verloor stryd na vyf maande in hospitaal
