News

Bagasiebakmoord: drie nog ’n naweek agter tralies

Die drie beskuldigdes in die “bagasiebakmoord” gaan nog ’n naweek agter tralies deurbring.

Die saak is uitgestel na volgende week vir die voortsetting van hulle borgaansoek.

Jan Jordaan (beskuldigde twee) word aangekla van moord en Angelique (Angie) Appelgryn (beskuldigde drie) en Alex Grobler (beskuldigde een) van onder andere regsverydeling.

Alex Grobler (beskuldigde een).

Die ondersoekbeampte, sers. Osia Banze, het tot laat gistermiddag getuig waarom hy borg teenstaan.

Die slagoffer, Danie Maritz (27), is na bewering eers met ’n mes gesteek en daarna is sy keel afgesny.

Lees volledige berig hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/23/lyk-in-bagasiebak-beskuldigdes-is-harteloos-en-gevaarlik/

Adv. Petrus Ntuli, wat optree vir die beskuldigdes het sersant Banze aangespreek en gesê dit is onregverdig om te sê sy kliënte is “harteloos” en “die vrot aartappels in die gemeenskap.”

Hy het gesê dat sers. Banze eers op 21 November die dossier gekry het en dat hy nie self die saak ondersoek het nie, maar getuig oor wat hy in ’n dossier gelees het.

Volgens hom, het sers. Banze nie eers geweet dat sy kliënte aangerand is om verklarings af te lê nie.

Jan (Sparky) Jordaan (beskuldigde twee).

Sers. Banze het gesê dat hy geen rede het om sy kollegas van die Vosman polisie se verklarings in twyfel te trek nie.

Tydens die hofverrigtinge het landdros Christa Pohl vir sers. Banze gevra of die vierde verdagte, wat op hierdie stadium net ‘Kobus’ genoem is, in al die getuienis, moontlik binnekort gearresteer gaan word.

Sers. Banze wou egter nie op hierdie stadium amptelik in die hof uitbrei oor hul ondersoek nie, maar wel gesê dat hulle alle inligting opvolg.

• Daar word op Facebook ’n foto rondgestuur met die woorde: “Wanted” daarby van die persoon na wie gesoek word. Dit kan egter nie op hierdie tydstip gebruik word nie, omdat die polisie nog geen foto’s of inligting uitgestuur het dat daar na ’n spesifieke persoon gesoek word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button