News

Landdros lewer more uitspraak in drie se borgaansoek

Daar sal more uitspraak gelewer word of die drie persone wat aangekla word in die saak waar Danie Maritz (27) vermoor en sy verkoolde lyk later in ’n uitgebrande voertuig gekry is.

Landdros Christa Pohl het net na 15:00 aangedui dat sy more uitspraak sal lewer, nadat adv. Petrus Ntuli teen 15:00 eers sy betoë vir die verdediging vir borg afgesluit het.
Adv. Ntuli tree op vir die beskuldigdes, Alex Grobler (beskuldigde een), Jan Jordaan (beskuldigde twee) en Angie Appelgryn (beskuldigde drie).

Jan (Sparky) Jordaan (beskuldigde twee).

Grobler en Appelgryn staan tereg op klagtes van regsverydeling en vernietiging van ’n lyk en Jordaan op ’n klagte van moord.

Volgens getuienis wat die ondersoekbeampte, sers. Osia Banze, gelewer het, is Maritz verlede Woensdagaand vermoor (met ’n mes gesteek en sy keel afgesny), waarna sy oorskot in ’n voertuig gelaai en die voertuig naby ’n myn in Clewer aan die brand gesteek is.

Die staat staan borg tee op grond van die erns van die gebeure. Adv. Ntuli het aanmekaar daarop gewys dat sy Jordaan en Grobler aangerand is deur die Vosman Polisie om bekentenisse af te lê en dat Appelgryn aangerand is om ’n leë dokument sonder ’n verklaring te teken.

Angelique (Angie) Appelgryn (beskuldigde drie).

Hy het hom ook sterk uitgespreek daaroor dat hulle nooit die geleentheid gegee is om sake teen die polisie te maak nie en dat die staat nog geen poging aangewend het om die Vosman Polisie voor die hof te daag om duidelikheid te gee oor wat daar gebeur het nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/28/bagasiebakmoord-getuie-glo-reeds-gedreig/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button