News

Vierde verdagte gee hom oor in moordsaak

'n Vierde verdagte sal more in die hof verskyn rakende die moord op Danie Maritz.

Daar is pas verneem dat ‘n vierdie verdagte in die Danie Maritz moordsaak hom vanmiddag aan die polisie oorgegee het.

JJ Maritz, Danie se broer, het bevestig dat die polisie hulle in kennis gestel het dat ‘n vierde verdagte hom oorgegee het.

Hy sal waarskynlik more in die hof verskyn.

Landdros Christa Pohl het vanmiddag aangedui dat sy more uitspraak sal lewer in die borgaansoek vir Alex Grobler, Jan Jordaan en Angie Appelgryn.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/28/landdros-lewer-more-uitspraak-in-drie-se-borgaansoek/

Grobler en Appelgryn staan onder andere tereg op regsverydeling en Jordaan word van moord aangekla.

Hul borgaansoek volg na die gebeure verlede week waar Danie in Middelburg vermoor, sy lyk in ‘n voertuig gelaai en die voertuig, met sy oorskot nog daarin, aan die brand gesteek is.

Die hele week tydens die borgaansoekverrigtinge is daar melding gemaak van ‘n ene Kobus wat ook positief verbind kan word met die gebeure. Daar kan egter nie op hierdie stadium bevestig word of dit wel hy is wat homself oorgegee het nie, aangesien hy eers more in die hof sal verskyn.

 

 

Back to top button