News

Geveg was ‘n ‘familie onderonsie’

Die bloedige aanranding by die Middelburgdam was nie 'n bakleiery tussen vriende of vreemdelinge nie, maar klaarblyklik tussen familielede.

Die geveg Sondag by die Middelburgdam was ‘n ‘familie-onderonsie’.

‘n Persoon het kort nadat die berig op die webtuiste verskyn het, die joernalis gekontak.

“Die saak is al Sondagaand uitgesorteer en die man wat hulle sê is so erg aangerand, was Maandag al terug by die werk! Hy het net ‘n blou oog opgedoen.”

Daar is gesê dat die bakleiery al by die huis begin het en net verder gevoer is by die dam.

Ons almal bly op een perseel. Ek het hom self huistoe gevat en hy het nog voordat ons by die dam se hek uit is, al ‘n sigaret in die kar aangesteek. Hy was nie bewusteloos nie!”

Verder is gemeld dat “die man met die groen strepieshemp hom nie geskop het nie. Hoe kan die persoon wat die video geneem het, gesien het wat gebeur, want die kar was in die pad.”

Die persoon wat die slaanwerk gedoen het, is, volgens die een wat gebel het, ook familie en bly nie in Middelburg nie, maar in Johannesburg.

* Na die berig verskyn het, het daar, buiten die familie, ook ander mense wat daar was, na vore gekom.

Een persoon het bevestig dat die man met die groen hemp eintlik gehelp het.

“Die man op die grond het in die bloed verstik en die man met die strepieshemp het hom op sy sy gedraai om te help.”

Ander kampers het genoem dat daar die oggend reeds ‘n bakleiery tussen twee vroue was by ‘n tent aan die visvangkant.

“Die vroue het mekaar getakel en het daar ‘n derde vrou ook ingespring met die geveg.”

Een van die mense wat naby hulle gekamp het, het gehoor dat daar ‘n woordewisseling was oor ‘n veertienjarige dogter wat blykbaar ‘n verhouding het met ‘n 21-jarige jongman. Daarna het die geveg tussen die vroue uitgebreek.

‘n Minderjarige dogter het tydens die geveg gehardloop na ‘n ander tent toe om weg te kom van die vroue wat mekaar getakel het.

“Daar het ‘n vrou gesê sy kom terug en het met ‘n wit kar gery. ‘n Uur of wat later het die geveg by die baksteen toiletgeboue uitgebreek.”

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/30/aanval-by-dam-oor-en-oor-geskop-terwyl-hy-reeds-bewusteloos-was/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button