News

Polisie sê “nee” vir heraanstelling van berugte kaptein

Die berugte voormalige polisie kaptein, Awie Geldenhuys, gaan nie nou terug polisie toe nie.

Hy het sy arbitrasiesaak teen die polisie gewen en die kommissaris wat die uitspraak gelewer het, het gesê dat hy voor of op 15 November sy pligte as kaptein in die polisie kan hervat.
Talle bronne het destyds die Middelburg Observer in kennis gestel dat hy die saak gewen het en ook vergoed sal word vir die tyd wat hy afgedank was.

Volgens inligting, het die polisie die kommissaris se beslissing op hersiening geneem na die arbeids appélhof toe, waar die appélhof dan ’n besluit moet neem of die kommissaris se beslissing reg was.

• Die afdanking het gevolg na bewerings wat Tarryn Meiklejohn gemaak het oor ’n voorval in Maart 2019 nadat Geldenhuys haar klaarblyklik ’n geleetheid huis toe gegee het.

Me. Meiklejohn het klagtes van poging tot verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer teen kapt. Geldenhuys, toe nog ’n lid van die Witbank Polisie, aanhangig gemaak.

Sy het destyds vir ’n joernalis gesê dat hy aanvanklik “baie vriendelik was, maar die volgende oomblik in ’n monster verander het.”

Maryka Kleinhans het op 27 Januarie 2019 in Kranspoort gesterf nadat sy saam met kaptein Geldenhuys gery het.

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat het die saak ondersoek en daar is bevind dat kapt. Geldenhuys nie skuld dra rakende haar dood nie.

• Daar was deur die jare talle bewerings teen kapt. Geldenhuys gemaak en hy het tydens ’n vorige oproep gesê dat hy nie kommentaar wil lewer oor enige bewerings nie.

Lees ook:

Berugte polisie kaptein wen arbitrasiesaak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button