News

Vierde beskuldigde in moordsaak laat vaar borgaansoek

Kobus Pretorius (32), die vierde beskuldigde in die Danie Maritz moordsaak, het vanoggend sy aansoek vir borg laat vaar.

Hy bly saam met Jan Jordaan (26) in aanhouding tot aanstaande jaar.

Jordaan en Pretorius word vir moord aangekla,.

Alex Grobler (44) en Angie Appelgryn (26) het op 29 November borg gekry, Hulle word aangekla vir regsverydeling en vernietiging van ‘n lyk.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en bevestiging van Pretorius se adres.

Grobler, Jordaan en Appelgryn is gearresteer nadat Danie se oorskot in ‘n uitgebrande voertuig gekry is. Pretorius het die dag voor uitspraak op die ander drie se borgaansoek gelewer is, homself aan die polisie oorgegee.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/12/04/kobus-in-hof-na-bagasiebakmoord/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button