News

“Help asseblief!” – Rivierstraat erf weer onder water na reën

Die Van Aswegens van Rivierstraat “verdrink” elke keer as dit reën.

Middelburg Observer het in November vanjaar berig oor die gesin wie se erf met elke reënbui ’n dam word.

Verstopte stormwaterdreine is die groot kopseer, en met die onlangse installasie van PVC pype by die Van Aswegens se huis, waartydens die munisipaliteit ’n betonblad oor die gat gegiet het, oorstroom hulle erf sodra dit reën.

Die familie het al veskeie maal gekla maar die munisipaliteit vee hom aan die klagtes af.

Gate is al in die mure ingeslaan om met dreinering te help, maar die water dam so op dat Tom en Yvonne van Aswegen se dogter Adri, wat saam met haar kinders in ’n woonstel by haar ouerhuis bly, se woonstel oorstroom.

Lees ook:

Rivierstraat erf word dam na Woensdagmiddag wolkbreek

Die Van Aswegens se seun Jaco bly langs hulle, en die munisipaliteit moes selfs al slote in sy erf grawe om die stormwater op te vang sodat sy huis nie oorstroom nie.

Gemors dryf ook natuurlik op die oppervlak van riviere wat in Rivierstraat afstroom weens verstopte stromwaterdreine, en mnr. Van Aswegen moet elke keer loop en skoonmaak na die tyd, en van koeldrankblikkies tot gebruikte kondome optel.

Die munisipale kommunikasiehoof Lerato Kgomo is by ’n Salga-konferensie in Durban en kon nie op navrae reageer nie.

’n Boodskap oor die probleem is intussen na munisipale bestuurder mnr. Mandla Mnguni gestuur, om die Van Aswegens van diens te wees met die probleem.

“Ons kla nie onnodig nie, as daar ’n oplossing gevind kan word, is daar nie ’n probleem nie,” sê mnr. Van Aswegen.

@middelburgobserver

The impact of yesterday’s rain on Rivier Street #rain #weather #flood #flooding #middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

@middelburgobserver

More footage showing the damage from yesterday’s rain on Rivier Street #rain #storm #weather #flood #flooding #dog #wetdog

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button