Rayden se mamma sê dankie
Die gemeenskap en mense van selfs sover as Ierland het gesorg dat klein Rayden Rafferty ’n Paw Patrol roudiens kon hê.
Die sesjarige Rayden het nierprobleme gehad en het die oggend van 22 November nog gesing. Kort daarna het hy inmekaar gesak en is met sy aankoms by die Middelburg Hospitaal dood verklaar.
Sy ma, Kristina (vriende ken haar as Tina) Jansen van Rensburg het vertel hoe lief haar seuntjie vir die Paw Patrol reeks was.
Hy was dan ook bekend as klein “Chase”, “want hy was op almal se case” is daar hartseer gesê.

Kristina wou graag ter viering van haar pragseuntjie se lewe ’n Paw Patrol roudiens hou, maar sy kon dit nie bekostig nie.
Nadat sy met die Middelburg Observer gesels en hul verhaal vertel is, het die geld en Paw Patrol skenkings begin instroom.
Buiten al die Paw Patrol karakters op die kante van sy wit kissie, was ‘Chase’ groot bo-op die kis geplak.
Kristina se droom om vir ’n laaste keer haar kind se liefde vir Paw Patrol te wys, is verwesenlik met ’n besondere roudiens wat almal nog vir jare in hul harte kan dra.

Sy wil graag van die geleentheid gebruik maak om elke persoon en besigheid wat hul gesin ondersteun het, van harte te bedank.
Lees ook:
