Mielie, Jarrid en Willem gryp mense aan
Soos die jaar sy aftog blaas loer ons terug na die jaar se hoogtepunte.
Vir die maand Februarie het ons die volgende drie berigte gekies:
Hartroerende soektog na hond – “Sonder Mielie is Brood net Brood” – deur Sjani Campher
Kevin Ruthven se desperate soektog na sy Australianse-beeshond, Mielie, het harte so aangegryp dat hommeltuie, vliegtuie, spoorsny honde en soektog-spanne opgeruk het na Kingdom Trails om Mielie op te spoor.
Die soektog het meer reaksie ontlok as meeste vermiste mense.
Mielie het in Februarie verdwyn terwyl hy, Kevin, en die Jack Russel, Brood, langs die Olifantsrivier gaan kamp het.
Mielie het een oomblik langs die waterpoele gespeel, en is die volgende oomblik weg.
Die soektog het oor die ses maande geduur en ’n beloning tot en met R20 000 is aangebied.
Maar Mielie se storie het nie ’n stille dood gesterf nie, en vryskut joernalis en profiel-skrywer, Alita Steenkamp, is in die proses om ’n biografie oor Kevin en Mielie te skryf.

Lees meer hier:
Jarrid is dood – en die dwelmbase voel niks – deur Daleen Naudé
Die wrede werklikheid van dwelmhandelaars lei tot die graf.
Jarrid O’Connor, die dwelmverslaafde wat deur soveel inwoners geken en geliefd was, het in Februarie op ’n sypadjie in Germiston gesterf.
Jarrid se stryd teen dwelms het die gemeenskap so geruk dat hy gratis behandeling aangebied is by die Zebulun Lifestyle Development Centre waar hy weggeloop het.
Hy was ook vir ’n hele ruk by die Oorwinnaars Halfweghuis en Hope Corner.
Jarrid het dit duidelik gemaak dat hy nie as gevolg van dwelms wou sterf nie, maar die heroïne-draak se kloue was te diep in sy weefsel ingewerk.

Bejaarde ooggetuie vertel van gebeure waar Willem Kruger se bakkie gekry is – deur Daleen Naudé
Drie maande na die verdwyning van Willem Kruger het ’n bejaarde van Ermelo wat graag wou help in die soektog, sy weergawe gedeel van hoe Willem en sy bakkie uit die Vaalrivier verwyder is.
Willem het op 13 November verlede jaar verdwyn toe hy ’n rampartytjie by die Hendbase Lodge bygewoon het.
Willem en sy bakkie is eers op 22 November gevind en by die rivier uitgesleep.
Die storie het nasionale opslae gemaak, en derduisende mense is oortuig dat Willem vermoor is.

Lees meer hier:
