News
Reëlings vir oudpolisieman se roudiens gefinaliseer
Die reëlings vir oudpolisieman Gerhard Rheeder (76) se roudiens is gefinaliseer.
Die diens is op 3 Februarie, om 11:00, uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente.
• Mnr. Rheeder is Maandag in sy meenthuis in Beyers Nauderstraat gekry met ’n kopwond. Geen gemene spel word vermoed nie.
Tot met sy aftrede was hy ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisie waar hy 40 jaar diens gehad het.
• Daar is op sosiale media gesê dat dit die vyfde selfdood in twee weke op Middelburg is.
Lees ook:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
