News

VIDEO: Wag met panga se foon reeds lewendig voor konfrontasie

Volgens nuwe inligting van getuies het die gewapende wag besope,, met sy foon reeds op lewendige-stroom, by die kantoor opegedaag.

Nuwe inligting het na vore gekom oor die voorval waartydens ’n beweerde besope selfoontoring-wag, verlede week deur ’n sekuriteitshond op die plaas van mnr. Piet Groenewald (63) in Groblersdal aangeval is, tydens ’n konfrontasie by die Wildlife Investigation & Protection Services (WIPS) kantore.

Volgens getuies was dit die enigste opsie om die gewapende wag tot bedaring te bring.

Volgens die getuies is die wag gevra om sy pos te ontruim nadat hy dronk by die werk opgedaag en ander wagte met ’n panga gedreig het.

Die wagte het die WIPS-kantoor op die plaas, waar die wag net vyf dae voor die konfrontasie aangestel is om die selfoontoring op te pas, van die dronk kollega in kennis gestel en gesê hul vrees vir hul lewens.

Die wag is toe in die pad gesteek.

Hy het egter ewe besope by die WIPS-kantoor met die panga opgedaag en personeel daar gedreig.
Hy het reeds sy selfoon op lewendige-stroom gehad voor die konfrontasie sê hulle.

Personeel, insluitende mnr. Groenewald en sy seun Stephan Greeff (27), het tevergeefs probeer om die wag te kalmeer se getuies.
’n Veiligheidshond is toe los gelaat om die situasie te beredder en die wag te ontwapen.

Stephan Greeff met een van sy honde.

Die polisie is toe deur die WIPS-kantoor geskakel vir bystand.
Die wag het egter ’n teenklag van aanranding gelê wat tot die arrestasie van mnre. Groenewald en Greeff gelei het.

Beide is sedert Donderdag verlede week in aanhouding en sal Woensdag formeel om borg aansoek doen.

Die klagtes is intussen opgegradeer van aanranding met die opset om ernstig te beseer na poging tot moord.

Die EFF het reeds laat weet dat hulle buite die hof sal betoog en boere van die omgewing, soos oud landdros en Groblersdal boorling Dries Olivier, het ook reeds op sosialemedia gevra dat boere vir pa en seun by die hof sal gaan ondersteun. Hy het ’n video gemaak waarin hy mense vra om na die hof toe op te ruk wat vrese laat ontstaan van ’n grootskaalse konfrontasie.

Die Bittereinders-beweging sal ook by die hof wees, soos Vrydag tydens Groenewald en Greeff se eerste verskyning waartydens die klag teen hulle na poging tot moord verander is.

Die “slagoffer” beweer hy is by die kantoor oor die kop geslaan waarna opdrag gegee is vir die hond om aan te val.

@middelburgobserver

Oud-landdros Dries Olivier vra dat boere vir Piet Groenewald en Stephan Greeff by die hof sal gaan ondersteun. #WIPS #GroenewaldArrestasie #Daller #Groblersdal

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Lees meer hier:

Pa en seun gearresteer na honde-aanval op plaas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button