News

Pa en seun gearresteer na honde-aanval op plaas

Boere word al meer die teiken van wetstoepassers terwyl hulle dikwels eerstens die slagoffers was.

Hulle word beskuldig van aanranding en rassisme wanneer hulle vermeende misdadigers op hulle grond betrap.
Wanneer boere gaan klagtes lê word hulle gearresteer en die betreders kom skotvry daarvan af.

Sulke voorvalle vind veral plaas in die Middelburg, Roossenekal en Groblersdal omgewing.

Rassekonflik sal Woensdag weer op die spits gedryf word in Groblersdal, Limpopo, waar ’n boer en sy seun in die hof sal verskyn vir borg op ’n klag wat intussen van aanranding met die opset om ernstig te beseer, opgegradeer is na poging tot moord.

Die EFF sal Woensdag opruk na die hof om te betoog teen Piet Groenewald en sy seun Stephan Greeff se aansoek om borg, na ’n vooval waartydens ’n betreder op hul plaas na bewering deur ’n hoogs opgeleide sekuriteitshond aangeval is.

Gebeure tydens die voorval is tans onduidelik en sal tydens Woensdag se hofverrigtinge na vore kom namate die staat sy saak teen Groenewald en Greeff op rekord plaas.

Pa en seun het Vrydag reeds ’n eerste verskyning in die landdroshof op Grobersdal gemaak, waar die borgaansoek laat vaar is weens die opgradering van die klag na poging tot moord.

Mnr. Groenewald se vrou, Elmarie, het kort na hul arrestasie ’n video op sosialemedia gelaai waarin sy beweer dat Groenewald en Greeff deur die slagoffer uitgetart is, voordat die hond losgekom het.

Stephan Greeff met een van sy honde.

Die beweerde slagoffer het dadelik sy eie video van die konfrontasie gemaak, wat sy weg vinnig na sosialemedia platforms gevind en virale status bereik het.

Mnre. Groenewald en Greeff is verlede Donderdag kort voor middernag op hul plaas in Groblersdal gearresteer na die voorval vroeër dieselfde dag.
Die slagoffer was na bewering self gewapen met ’n panga en die veiligheidshond is vir beskerming saam geneem.

Na wat verneem word is die man nie ernstig in die honde-aanval beseer nie, met slegs oppervlakkige bytwonde aan die bene volgens getuies.
Boere van die omgewing staan bankvas agter Groenewald en Greeff en sal na verwagting ook na die hof opruk vir ondersteuning.

Mnr. Groenewald is die hoof van Wildlife Investigation and Protection Services (WIPS), wat boere met onder meer spoorsny dienste bystaan. Beide hy en sy seun is spesialiste in plaasveiligheid.

Groenewald en sy span het self hand gehad in tientalle arrestasies na plaasaanvalle nadat WIPS se hulp ingeroep is.

Die arrestasies herinner sterk aan die doodskis-saak waarin Theo Jackson en Willem Oosthuysen wat in 2017 gevonnis is vir onder meer poging tot moord weens die aanranding op Victor Mhlotshwa op ’n plaas.

Dit herinner ook aan die bittere hofstryd van Corrie Pretorius wat in Junie 2022 ’n oproerige tiener by Fat Cake City in Groblersdal aangevat het oor sy gedrag.

Die tiener het Pretorius ook uitgelok, deur onder meer kos uit sy wegneemete te gaps nadat Pretorius hom reeds talle maal gewaarsku het om hom te gedra. Die tieners, wat dronk was, is eindelaaste gevra om die winkel te verlaat deur personeel.

Die Fat Cake City voorval is ook op video vasgelê en het soos ’n veldbrand op sosialemedia versprei, ten spyte van bevestiging van ander kliënte in die winkel wat Pretorius se weergawe van gebeure gestaaf het.

In Pretorius se geval was openbare reaksie so verontwrigtend tydens hofverskynings, dat skole selfs gesluit is weens die oproer.

@middelburgobserver

Following the arrest of Piet Groenewald and his son Stephan Greeff, who face charges of attempted murder for a dog attack, the Groenewald family seeks public support at their upcoming bail application. #Groblersdal #GroenewaldArrest #WIPS #Daller

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

Lees ook:

Corrie Pretorius se saak uitgestel vir pleitooreenkoms

Man wat deur tieners getart is gevonnis

Doodskistwee gevonnis – ‘n dekade in die tronk

Back to top button