News

Rotsluislang vang kleinwild op plaas

’n Rotsluislang van 2.3 meter lank is in ’n skuur op ’n plaas op die Slaghoekpad gevang!

Lede van die Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid, asook die LimPuma Herpetologiese Vereniging (waarvan Middelburg deel is) is na die plaas ontbied nadat die slang in ’n stoor opgemerk is.

Met hul aankoms op die plaas, kon hulle sien dat sy (wyfieslang) iets gevreet het en rustig by die stoor lê, sodat dit wat sy ookal gevang het, verteer kon word.

Die slang se kop van nader gesien.

Daar is gelukkig nie een van die huisdiere gevang nie, en bestaan die vermoede dat sy dalk van die kleinwild op die plaas gevang het.

Die slang was gesond en het geen beserings gehad nie en is dieselfde dag in die Loskop Natuurreservaat logeslaat.

Die slang word in ’n groot houer geplaas om te vervoer na die Loskop Natuurreservaat.

• Die rotsluislang is ’n beskermde spesie in Suid-Afrika en mag nie doodgemaak word nie.

• Vir meer inligting rakende die Middelburg Herpetologiese Vereniging of om reëlings te tref om slange te vang, bel Victor Boshoff (voorsitter) by 082 697 9954, Mark Salzwedel (ondervoorsitter) by 082 898 5242 of Jan Kruger by 084 082 4710.

Die span besig om die slang te meet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button