News

Dief wat adjunkhoof se kar buite sportterrein steel steeds weg

Die gesteelde Toyota Corolla van HTS se adjunkhoof, mnr. Johan Kruger, word nogsteeds gesoek.

CCTV-videomateriaal het die verdagte duidelik vasgevang, waar hy die karsleutels uit ’n klaskamer steel, voordat hy met die voertuig weg is.

Me. Alfreda Kruger het haar Corolla buite Middelburg Primary se sportgronde parkeer, en dit is om 14:30 Vrydagmiddag gesteel.
Dit is ’n grys Toyota Corolla, registrasie: DDB 529 MP.

Daar is betroubaar verneem dat die polisie die voertuig agterna gesit het.

Volgens mnr. Kruger is die voertuig steeds nie opgespoor nie, ten spyte van die jaagtog en duidelike CCTV beeld.

Indien iemand meer inligting het oor die verdagte of die gesteelde voertuig, word hulle gevra om mnr. Kruger te kontak by 083 625 7435.

Back to top button