News

Kerke loop deur onder inbrekers

In minder as twee weke het inbrekers by drié kerke in die dorp toegeslaan.

•Verlede Dinsdag is daar ingebreek by die Presbiteriaanse Kerk in Bhimy Damanestraat.

Die palissadeheining is oopgebreek, waarna ’n kerkvenster gebreek is om toegang tot die kerk te kry.
Tydens die inbraak is ’n staan-orrel en ’n gedeelte van klanktoerusting gesteel.

Sondagoggend het die twee Hervormde Kerke, die Moeder- en die Noord gemeente, albei ’n onaangename verrassing gekry.

• By die die Hervormde Kerk, Noord gemeente, is ’n venster gebreek.
Ds. Colin Hertzog sê die inbrekers het weggekom met die gemeente se videokamera, wat gebruik word vir die stroom van die erediens.

Daar is vroegoggend op die kerkgroep gevra of daar iemand is met ’n digitale kamera wat hulle kan leen vir Sondag se diens om lewendig uit te saai.

• Ds. Nicolaas Steenekamp (Hervormde Kerk, Moedergemeente) het bevestig dat daar drie vensters gebreek is by hulle kerk.
Hy wou nie uitbrei oor wat gesteel is nie.

• Eerw. Kokkie Smit (Presbiteriaanse Kerk) het genoem dat die Hervormde Kerk, Moedergemeente nog verlede week vir hulle ’n stukkie loodglas geskenk het om hul venster reg te maak. “En daar breek hulle ook by dié kerk in!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button