Vrou en man gearresteer na kardiefstal
'n Vrou en man is gisteraand in eMalahleni gearresteer nadat mnr. Koos van Staden se kar vroeër die week by Moddercourt Woonstelle gesteel is.

Die arrestasie volg nadat ‘n vrou deur mnr. Van Staden ingeneem is van die straat af en sy Woensdag in die vroeë oggendure verdwyn het.
Mnr. Van Staden het twee weke voor die diefstal vir Carmen White-Sharpley van die straat af ingeneem om haar te help.
Dinsdagaand het hulle stry gekry en Woensdagoggend was sy skoonveld.
Mnr. Van Staden se kar, ‘n Ford Fiesta, asook al sy sleutels, ‘n skootrekenaar en selfoon het saam met haar verdwyn.
Hy het haar later op CCTV videomateriaal herken waar sy Woensdag in die vroeë oggendure die motorhuis oopgesluit en met die voertuig weg gery het.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/03/01/vrou-en-voertuig-steeds-weg/
Mnr. Van Staden se dogter, Sylvia, het gisteraand kort voor 22:00 laat weet dat ‘n vrou en ‘n man in eMalahleni gearresteer is.
Albei behoort Maandag in die hof te verskyn.
- Mnr. Van Staden se selfoon is klaarblyklik reeds by ‘n pandjieswinkel verpand.