News

Vrou en voertuig steeds weg

Die voertuig wat Woensdagoggend gesteel is by Moddercourt Woonstelle, is steeds soek.

Die vrou wat die voertuig uit die motorhuis gevat en daarmee weg gery het, is ook steeds weg.

Daar word verneem dat mnr. Koos van Staden se voertuig moontlik in die eMalahleni (Witbank) omgewing kan wees.
Die Ford Fiesta is Woensdagoggend om 02:45 uit die motorhuis gevat.

CCTV videomateriaal het gewys hoe ’n vrou die motorhuis oopsluit, artikels in die kattebak laai en daarmee wegry.

Mnr. Van Staden het ’n vrou, Carmen-Leigh White-Sharpley, twee weke voor die diefstal ingevat by sy huis om haar te help. Sy was op straat toe hy haar ingeneem het.

Die Ford Fiesta van mnr. Koos van Staden is Woensdagoggend uit sy motorhuis by Moddercourt Woonstelle gevat.

Dinsdagaand het hulle stry gekry en Woensdag in die vroeë oggendure het sy verdwyn.

Mnr. Van Staden se huissleutels, skootrekenaar, selfoon en kar was weg.
Hy moes uit sy woonstel uitbreek om uit te kom.

Hy het Carmen op die CCTV materiaal herken waar sy die kar gevat het.

’n Saak is by die polisie geopen.

• Sylvia, mnr. Van Staden se dogter, doen ’n beroep op mense dat as hulle vir Carmen of die wit Fiesta sien, om haar te kontak by 082 622 5081.
Die registrasienommer is JGT417MP.

Back to top button