News

Groot soektog na diabetiese bejaarde wat op Sondag fietsrit verdwyn

Soektog van stapel vir vermiste bejaarde

‘n Bejaarde fietsryer word gesoek nadat hy vroegmore sy gebruiklike fietsrit met sy duur titanium bergfiets onderneem het, maar steeds nie tuis is nie.

Sy dogters is rasend van bekommernis oor hul pa.

Die plaaslike Dagpatrollie het intussen ‘n reusesoektog van stapel gestuur vir mnr. Marius Leon Brits.

Mnr. Brits wat hardhorend is, het omstreeks 08:00 vanmore op sy fiets gaan ry, maar sedertdien is hy skoonveld.

Hy ry gewoonlik so uur rond, en het sy selfoon tuis gelos.

Hy dra graag oorfone waarna hy luister terwyl hy fietsry.

Hy woon in Dan Pienaarstraat, Dennesig.

Hy het swart tekkies en ‘n swart kortboek aangehad.

Volgens familie is dit ongewoon vir mnr. Brits om so lank weg van die huis af te wees.

Nog ‘n foto van mnr. Brits.

Hospitale is reeds gekontak, maar navrae het niks opgelewer nie.

Sy familie het hom intussen as vermis aangemeld.

Die fietsrybaan in Aerorand is ook reeds gefynkam.

Mnr. Brits is 64-jaar oud en sukkel ook met bloeddruk, naas suikersiekte.

Volgens sy familie ry hy gewoonlik net teerpaaie.

Indien enige iemand weet waar mnr. Brits is, kontak sy dogter Ronel Smit by 067 793 7501 of Arthur Hill van die Dagpatrollie by 083 870 9693.

 

 
Back to top button