News

“Uittartend!” so beskryf raadslid man met speelgoedgeweer

Dit was beslis nie ’n oorreaksie toe ’n inwoner die Kanonkop woonbuurt vanoggend wou waarsku oor twee mans met ’n handwapen in hulle besit nie.

DA Raadslid, Damien Klopper, het vanoggend die strate deurgery nadat sy vrou, Lisa, hom gebel het om te vertel dat ’n man “’n geweer oorgehaal en in sy broek gesteek het.”

Lisa was besig om te bestuur toe sy die twee mans, met twee klein hondjies by hulle, gewaar het. Die een het reg voor haar die wapen gelaai en voor in sy broek gesteek, “hulle het uittartend vir haar gekyk.”

Damien het dadelik in sy kar geklim en deur die strate gery om na die mans te soek, maar toe hy nader kom het hulle laat spaander.

Hulle het deur Broodboom-, Karee-, Oribi- tot in Sipresstraat afgehardloop. Soos hy bestuur het, het hy die hele tyd die polisie op hoogte gehou van die mans se beweging.

“Ek het my afstand gehou, omdat ek nie geweet het of die wapen eg was nie, maar toe hulle in Sipresstraat was, het hulle ’n kar wat onklaar geraak het genader. Die man het sy noodligte aangehad en was by sy kattebak besig toe hulle na hom toe gestap het, ek het gedink hulle gaan hom kaap.”

Damien het die motoris gewaarsku om by sy kar in te klim en homself toe te sluit, “daar is nie veel meer wat mens kan doen nie.”

Die polisie en lede van CSC Tactical het toe gelukkig opgedaag en die mans is verder af in Sipresstraat vasgekeer.

“Die twee mans het die hele tyd in ’n uittartende manier geglimlag, maar die polisie kon nie veel doen nie.”

Wat Damien die meeste ontstel is dat die twee mans so uitdagend was, en met opset mense wou intimideer.

“Misdaad hét so geweldig toegeneem, en mens kan nie meer kanse waag nie. Daar is regte kriminele met regte gewere wat die hele dorp lam lê. Sê nou jy ry by jou hek uit, en ’n man staan voor jou en haal ’n geweer oor? Skiet jy hom, dan is daar moeilikheid. Almal kry hom jammer en jy is die skuldige. Skiet jy hom nie, skiet hy jou dalk.”

• Damien en sy 12-jarige dogter was toevallig reeds aan die verkeerde kant van misdadigers, toe daar verlede jaar helder oordag ’n gewapende roof in Ackermans, by die Midwater Sentrum was.

Die rowers het Damien aangerand.

“Daardie verdagte kom weer in Maart voor en ten spyte van al die CCTV-beeldmateriaal en ander bewyse sloer die saak nogsteeds.”

Lees ook:

Councillor and security officers hailed heroes – three arrested after armed robbery

Eastdene pillar shot to death, sister assaulted in brutal home invasion

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button