News

Vier selfmoorde binne dae

Daar was die afgelope paar dae vier selfmoorde.

Ds. Colin Hertzog het onlangs begin met ’n ondersteuningsgroep vir depressie in die kerksaal van die Hervormde Kerk, Noord gemeente, na verskeie selfmoorde in Middelburg sowat twee maande gelede.

Hulle het al ’n paar keer vergader en sal vanaand (Dinsdag) weer ’n vergadering om 18:00 hou.

Hy het gemeld dat die kwessie van depressie nie meer die enigste onderwerp van bespreking is by die groep nie.
Die tema van vanaand se byeenkoms is hoe belangrik dit is om emosies te verstaan en uiting daaraan te gee.

• Die byeenkomste is interkerklik en die hele gemeenskap is welkom om by hulle in te skakel.

•Die Middelburg Observer sal in hierdie week se uitgawe meer in detail berig oor die selfmoord slagoffers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button