News

Man in hof vir beweerde seksuele dade met seuns

Man in Mpumalanga en Gauteng howe vir kindermolestering

Die 56-jarige man wat beskuldig word van onsedelike dade met twee minderjarige seuns, het Donderdag en Vrydag weer in die hof verskyn.

Die man, ’n inwoner van Middelburg, het Donderdag in Cullinan en Vrydag in die Middelburg Landdroshof verskyn.

Hy is op 26 Oktober 2023 gearresteer op die Cullinan-saak na bewerings wat ’n 16-jarige seun gemaak het. Die seun het beweer dat die misdrywe oor ’n tydperk van vyf jaar plaasgevind het.

Borg van R3 000 is aan hom toegestaan.

Op dieselfde dag wat hy borg in Cullinan gekry het, het die Middelburg Polisie hom gearresteer op ’n ander saak onder die seksuele misdrywewet, na aanleiding van bewerings wat ’n 13-jarige seun van Middelburg gemaak het.

Tydens die ondersoek ten opsigte van die bewerings wat die 13-jarige gemaak het, is daar ’n huis in die dorp deursoek, waartydens daar na bewering afgekom is op ’n hout geslagsorgaan van 16cm met ’n plaatjie waarop ’n datum van 2014 verskyn.

Borg van R5 000 is in November verlede jaar in die Middelburg Landdroshof toegestaan aan die beskuldigde toegestaan.

Sy saak in Cullinan is na ’n later datum in dieselfde hof uitgestel.

Die Middelburgsaak, waarvoor hy Vrydag verskyn het, is uitgestel na ’n later datum vir ’n streekhofbeslissing.

Die beskuldigde se naam kan nie op dié stadium genoem word nie, omdat hy nog nie gepleit het op enige van die klagtes teen hom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button