News

Diefstal van ruitveërs steek kop uit in middedorp

Kyk maar of jou ruitveërs wel vee!

Met elke nuwe dagbreek, word inwoners begroet met ’n nuwe misdaadtendens.

Die afgelope twee weke was dit die diefstal van voertuie sy ruitveërs met minstens drie voorvalle wat al in die middedorp bevestig is.

Verlede Woensdag het ’n brawe skoolseun en sy maat ’n dief gekonfronteer buite Laerskool Middelburg, waar die man een van sy ma se voertuig ruitveërs afgesteel het.

Die boef was gaaf genoeg om Leana de Bruyn se een ruitveër, wat reeds afgesteel is, aan haar tienerseun Juandré terug te gee, nadat Juandré en sy maat daarop aangedring het.

Juandré het sy selfoon in die voertuig vergeet en hom gou gaan haal toe hulle op die dief afkom.

Die graad agt leerling van HTS Middelburg sê hy het die man gekonfronteer en gesê hy moet die windveër dadelik teruggee.

“Hy het eers vir my so lang windveër oorhandig wat nie my ma s’n was nie,” sê Juandré.

Die dief het toe nog windveërs na vore gebring voordat hy die regte een aan Juandré kon terugbesorg.

Juandré sê die voertuig langs sy ma s’n se agterste windveër was ook afgesteel.

Nadat ma Leana met vriende oor die diefstal gepraat het, het een van hulle, wat vir Mid-Alarms werk, gesê twee van haar windveërs is ook voor Mid-Alarms in Cowen Ntulistraat gesteel.

’n Werknemer van Mid-Alarms het later weer ’n man opgemerk waar hy aan voertuie gepeuter het.

Hy het hom agterna gesit, maar die man het tussen die sentrale sakekern se massas in verdwyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button