Man wat twee vingers verloor na hiënabyt, uit hospitaal
Deon Cornelius wat twee vingers verloor het nadat hul hans grootgemaakte hiëna, Ed, hom aan die hand beetgekry het, is uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.
Die hiëna, wat nog nooit enige aggressie getoon het nie, het teen hom begin skuur terwyl hy besig was om die elektriese heining in Ed se kamp reg te maak.
Hy het die hiëna weggestoot, waarop Ed hom aan die hand gebyt het.
Met sy aankoms by die Life Midmed Hospitaal, is Deon se middelvinger dadelik geamputeer. Kort daarna is sy ringvinger ook afgesit.
Hy het gesê dat hy nie kwaad is vir Ed nie en dink daaraan om hom moontlik by ’n teelprogram by Bela Bela in te skakel, met ’n deel in die aanwas.
Andersins sal hulle daarna kyk om vir hom weer ’n wyfie te kry, nadat hy onlangs sy wyfie verloor het.
Ed kou gereeld aan die drade in sy kamp wat herstelwerk verg.
