News

Inbrekers gebruik weerligslae om motorhuisdeur te breek

Inbrekers het verlede week die slae van die weerlig in die vroeë oggendure gebruik om ’n motorhuisdeur by ’n huis in Mineralia oop te breek.

Was dit nie vir die alarm wat afgegaan het nie, sou die boewe met baie artikels in die motorhuis weggekom het.

Die gesin (wat verkies om anoniem te bly) wou aanvanklik nie daaroor ’n berig laat doen nie.

Nadat hulle egter vanoggend die berig gesien het van die KTM motorfiets wat in Gladiolalaan (Kanonkop) gesteel is, het hulle besluit om hul CCTV Videomateriaal beskikbaar te stel, omdat daar ook ’n Quantum bussie kort na die diefstal gesien is.

Die man met die ‘Uzzi’-keps het ’n bokbaardjie.

Hulle is verlede Dinsdag (9 April) tussen 03:30 en 03:45 gewek met die geweldige donderslae tydens die storm.
Met een van die donderslae het hulle ’n snaakse geluid gehoor en aangeneem dis die weerlig.

Tydens die tweede slag, omstreeks 03:45, het hulle orent gespring en besef dit is nie weerlig wat so ’n geluid kan maak nie. Op dieselfde oomblik het die alarm afgegaan en het hulle op die kameras gekyk.

Die videomateriaal wys hoe die groep van vier mans eers buite rondstaan. Hulle klim oor die muur en een van hulle sny die slot van die hek met ’n boutsnyer af.

Dan kom hulle in en breek die motorhuis oop.

Na die alarm afgegaan het, het die groep na buite gevlug, in ’n Quantum bussie gespring en weggejaag.

• Twee weke voor die inbraak, is vier mans in die straat opgemerk wat oor en weer vir mekaar gefluit het.

• Daar is duidelike videomateriaal van die gebeure waar die booswigte by die erf inkom, wat goedgunstiglik beskikbaar gestel is vir publikasie.

@middelburgobserver

Break-in! Four thieves used a storm to mask the noises they made while trying to break into a resident’s garage. #breakin #crime #storm #southafrica

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 
Back to top button