News

Groenewald en Greeff vandag eers uit die selle

Piet Groenewald en Stephan Greeff, wat aangekla word vir aanranding met die opset om ernstig te beseer vir die beweerde aanranding en honde-aanval op ’n sekuriteitswag in Groblersdal, is vandag eers uit die selle gelaat.

Alhoewel daar Vrydag borg van R5 000 vir Greeff en Groenewald in die hoërhof in Polokwane toegestaan is, moes hofdokumentasie eers bevestig word, wat beteken dat beide die naweek nog in die selle moes spandeer.

Teen middagete vandag, is hul uiteindelik vrygelaat op borg.

Hulle sal weer op 8 Mei in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir ‘n verhoordatum.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/19/greeff-en-groenewald-kry-borg/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button