News

Groenewald en Greeff vandag eers uit die selle

Piet Groenewald en Stephan Greeff, wat aangekla word vir aanranding met die opset om ernstig te beseer vir die beweerde aanranding en honde-aanval op ’n sekuriteitswag in Groblersdal, is vandag eers uit die selle gelaat.

Alhoewel daar Vrydag borg van R5 000 vir Greeff en Groenewald in die hoërhof in Polokwane toegestaan is, moes hofdokumentasie eers bevestig word, wat beteken dat beide die naweek nog in die selle moes spandeer.

Teen middagete vandag, is hul uiteindelik vrygelaat op borg.

Hulle sal weer op 8 Mei in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir ‘n verhoordatum.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/19/greeff-en-groenewald-kry-borg/

 
Back to top button