News

Greeff en Groenewald kry borg

Die hoër hof het vandag borg toegestaan vir die twee mans, wat al meer as twee maande in aanhouding is.

Piet Groenewald en Stephan Greeff, die twee beskuldigdes wat teregstaan op die beweerde aanranding en honde-aanval op ’n sekuriteitswag in Groblersdal, het vandag borg gekry in die Polokwane hooggeregshof.

Groenewald en Greeff staan tereg op ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Nadat hul borg geweier is deur die Groblersdal Landdroshof op 12 Februarie, is dit meer as twee maande wat beide in aanhouding is.

Hulle het hul na die hoërhof gewend om vir borgtog te appelleer en is borg van R5 000 elk vandag in die Polokwane hooggeregshof toegestaan.

Hulle moet weer op 8 Mei in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir ‘n verhoordatum.

Back to top button