News

Motorfietsdiewe sak toe by een huis in Kanonkop

Motorfietse en fietse is hoog op die lys van diewe wat gisteraand toegeslaan het by ’n huis in Kanonkop.

Volgens mnr. Anton Heiberg, het die diewe tussen gisteraand en vroeg vanoggend ingebreek, nadat hulle die hek van die spoor afgelig het en die motorhuisdeur oopforseer het.

Die totale skade word op byna R90 000 geraam.

“Daar is op 14 Maart ook ’n poging gewees toe ek vier mans in my motorhuis betrap het, maar ek het hulle afgeskrik. Ek glo dis dieselfde groep wat weer terug gekom het,” het mnr. Heiberg gesê.

Die swart Merida bergfiets wat gesteel was.

Die diewe het sy BMW 650 GS Dakar (blou en grys met registrasie nommer: FVX 206 MP), sy swart Merida Big Nine XT bergfiets met sy eie rekenaartjie daarop en ’n sweismasjien gesteel.

Die motorfiets se waarde is ongeveer R55 000, die fiets R25 000, die rekenaar R850 en die sweismasjien R6 000.

• ’n Inbraak- en diefstalsaak is by die polisie aanhangig gemaak.

Die gesteelde sweismasjien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button