News

KYK: Motofietsbende slaan in Impalastraat toe, steel twee bromponies

Daar is vroegmore in Impalastraat in Kanonkop weer deur die motorfiets-bende toegeslaan.

Twee aflewering bromponies (Scooters), is tydens die inbraak gesteel.

Die boosdoeners het net na 02:00 vanmore die woning se hek oopgebreek, waarna daar op CCTV videomateriaal gesien kan word hoe drie van die boewe by die erf inkruip.

Hulle kon dit suksesvol tot by die woonstel in die erf maak, sonder om die alarmsisteem se sensors te aktiveer.
Die boewe het stadig hul weg na die woonstel gemaak, waar die twee bromponies geparkeer was.

Op die video wat aan die Middelburg Observer verskaf is, kan gesien word hoe die boewe met die eerste bromponie by die hek uitvlug.
Die alarsisteem se sensors is egter met die wegkomslag geaktiveer.

Voordat die huurders en huiseienaars egter kon reageer, is die boewe ook vort met die ander bromponie.

Ongelukkig kon geen voertuie buite die erf opgemerk word nie, en kameras is wel nagegaan.
Daar word nou vermoed dat die wegkomvoertuig dalk laer af in Asaliastraat geparkeer was, vanwaar die bromponies weggery is.

• By verskeie ander soortgelyke inbrake en diefstalle, is Quantum bussies buite die misdaadtonele opgemerk.
Daar is al op sosiale media bespiegel dat die boewe die sitplekke van die Quantum verwyder, sodat motofietse ingelaai kan word.

Die modus operandi in die Impalastraat voorval, stem amper presies ooreen met ander soortgelyke inbrake en diefstalle, waar die hekke eers oopgebreek word, gevolg deur die bende diewe wat dan erwe inkrup, en selfs op hul mae seil tot by hul buit.

In van die gevalle word motorhuise, waar motorfietse geparkeer is, binne sekondes oopgebreek.

Die motorfietse se stuurstange word ook moeiteloos gebreek, sodat die motorfietse uitgestoot kan word.

Die huiseienaar sê die huurders is “ten gronde” oor die diefstalle.

@middelburgobserver

Motorfietsbende slaan toe in Kanonkop en vlug met twee bromponies. #Crime #middelburg #southafrica

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 
Back to top button