News

Rooies deurtrek van die Derby gees-gogga

Die gees-gogga het gebyt en nie eers personeel is gespaar van die Derby-koors wat HTS Middelburg rooi aan die gloed het nie.

Die Derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg is Maandag afgeslaan op die Middelburg Buiteklub se gholfbane, waarna die skaak- en hokkiespanne op Woensdag teen mekaar kragte gemeet het.

Vandag is HTS Middelburg se skoolgronde aan die brand met gees, en die personeel het saamgespeel in helde-kostuums.

Die Derby-koors loop natuurlik so hoog dat daar ’n paar kopverbande en krukke tussen die leerders gesien is!

Die volledige program kan in hierdie week se uitgawe van die Middelburg Observer gesien word.

@middelburgobserver

Die gees-gogga het gebyt by HTS Middelburg wat hierdie week kragte meet teen Hoërskool Middelburg in die Derby. #ROOIES #HTSM #HTSMiddelburg #HTSMvsMHS #Derby

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button